Sunday, October 07, 2007

die DIT van alles vir MY

die kuns van kuns lê opgesluit in harmonie
die harmonie van kuns lê opgesluit in balans
die balans van harmonie lê opgesluit in eenvoud
die eenvoud VAN ALLES IS DIE WEG
die weg bring mens tot skoonheid
skoonheid is kuns
tot waar kuns ophou
alles sal eendag ophou
as alles ophou, word alles nuut
ook skoonhei in eenvoud
skoonheid as eenvoud
verbeel dit NOU?!
verbeel JOU nou?!

deur Theodor Bredell
vir my Spring Poetry Evening
8 September 2007

No comments: