Monday, March 10, 2008

groen geel appels

groen vlaktes in die verte
geel gerwe naby my
grasse waai
lewe dans
vrede groei in my binneste

mosambiek se see roer
water skommel teen die dow se planke
eenvoudige vissermanne wag
oranje sonsakstrale kleur
ou geskeurde lap seil voue

grenslose spasie skep-skep sout lug teue

marmer appel lyf
gekou gevorm
rug lyn glad gekurf
mooi skoonheid kyk vorentoe
vrouwees boude boobs gesond

1 comment:

Anonymous said...

Hi Leani,
Just checking in to see how you are. Beautiful words, friend.

Love,
Julie