Donderdag
min het ons geweet dat ambulaansmanne my vyf ure later na die hospitaal toe sou moes ry, maar al wat ek wou hoor is haar stem teen my oor, ‘n bewussyn van haar gebede,
soos kleintyd se maagkrame in die middel van die nag,
het haar soet woorde weer al my vrese kom weggejaag
Sewe tydsones wes van haar skoot,
lê my kop in kouekoors geweek,
alleen in my woonstel stoei ek teen onsigbare spoke wat al my are leeg tap,
“psalm-een-en-negentig”
“ek het nie my bril op nie, skat”
“maak nie saak nie, lees dit net ‘seblief”
stadig fluister sy tydlose smekinge
Moedersdag vandag
volmaan in Dallas, sy maak reg vir die eerste oggenddiens in Pretoria, bel die drie-en-twintig-nommers om weer dankie vir alles te sê
“hi mamma, dis ek”
“hallo, pop”
ek hoor haar glimlag
vrede
sy maak alles beter
1 comment:
Ek het so lekker gekry toe ek die ding lees. Ons is maar orals, en ons sal psalm 91 nooit vergeet nie. Gelukkig kan ons nou verder sien.
Wat maak jy in Texas?
Post a Comment